CD's (Laser Skyf)
Terwyl William op toer was het hy een aand saam met ‘n vriend oor die see staan en uitkyk waar sy vriend vir hom uitgewys het dat mens Mars vanaf die aarde met die blote oog kon sien.  Hierdie gesig het William se denkwyse verander en hom meer in kontak met sy spirituele kant gemaak wat verskeie snitte op Wentelbaan ook weerspieël.  Sienende dat Mars in die jaar 2003 die naaste aan die aarde se wentelbaan ooit sal wees is dit baie van pas dat William sy nuwe CD Wentelbaan genoem het.

Wentelbaan is ‘n deurbraak in William Blackrose se loopbaan omrede hy die hele produksie, meeste van die instrumente, skryf, komposisie en al die agtergrondstemme op die album behartig het. William se musiek bestaan meestal uit oorspronklike geskryfde snitte onder meer ‘n paar betekenisvolle ballades, luistermusiek en ook heelwat lekker dansnommers. 

Daar is verskeie lekker danssnitte op Wentelbaan soos Dansman, Angels en Dixie.  Daar is ook ‘n paar meningvolle ballades soos Broken Shoes wat handel oor hoe dit sou wees om weer van voor af op jou lewensmaat verlief te raak.  Daar is sonder twyfel iets vir almal op die Wentelbaan CD en kan geniet word op jou eie as ‘n individu of saam met die hele familie! 

 

Ander CD's


 
Versamelstuk
 
Click Here To Buy Now Click Here To Buy Now Click Here To Buy Now
Click Here To Buy Now
Everything - Click Here To Buy What About Me - Click here to buy Wentelbaan - Click here to buy

Terug na Hoofblad