 |
Biografie deur
William Blackrose
Ek is gebore in Welkom, in die Vrystaat, Suid Afrika. Grootword in ‘n
“dorp”soos Welkom het my die waardes
van aanvaarding en vrees geleer. Dit was destyds moeilik om te verstaan,
maar om in so ‘n geestestoestand
groot te word, kan veroorsaak dat mens se ideale vervaag. Daar is twee
paaie waar tussen jy kan kies.
Die een lei na stabiliteit waarby nie veel risiko betrokke is nie,
waar almal jou ken en jou bystaan.
Die ander weg word nie so dikwels betree nie. Dit lei n mens na
nuwe geleenthede waar mens van voor af
moet begin met jou lewe ,wanneer jy ou vriende agterlaat om met iets
nuuts te begin. Dis wat ek besluit het om te doen.
As kind was ek gelukkig om ouers te hê wat vir my nie karretjies
en allerhande speelgoed gegee het nie,
maar verskillende musiek instrumente, sodat ek my talent kon ontwikkel.
Ek het klavier begin speel toe ek
so vyf jaar oud was. Eers het ek net note wat mooi saam geklink het
probeer en dan weer ander wat saam
nie vals geklink het nie. So het ek myself geleer speel. Op ses het
ek my eerste liedjie “geskryf”. Daarna het
ek dieselfde metode met ander instrumente gevolg, en kon dus toe ek
die ouderdom van twaalf bereik
klavier, tromme,panfluit,trekklavier en blokfluit speel. Daar was ‘n
kitaar in ons huis, maar aangesien dit
bykans onmoontlik vir my was om die regte akkoorde daarop te vind,
het ek gewoonlik die hele kitaar
op een sleutel ingestel en dan met my een vinger dwarsoor al
die snare, met die ander hand getokkel.
Hierdie metode het ek tot n fyn kuns ontwikkel en ter selfdertyd my
eie een-vinger styl van kitaarspeel
uitgevind. Ek moet erken dit was nou nie juis die algemeen aanvaarde
manier van kitaarspeel onder die
meeste musikante nie! Dit was beslis ‘n eienaardige speelstyl, maar
het my nogtans in staat gestel om so
my eerste kitaarliedjie te skryf toe ek vyftien was. Hierdie nommertjie
was ook my eerste poging om lirieke
by te voeg en het ‘n belangrike rol gespeel in my latere besluit om
musiek my loopbaan te maak.
Op ‘n dag was ek alleen in my kamer, met my rug na die deur, besig om
hierdie eerste liedjie te speel en
te sing. ‘n Vriend het ongemerk agter my die kamer binne gekom en my
gehoor. Toe dit klaar was het hy
my op die skouer geklop en verklaar dat ek my talent moet gebruik en
voltyds met musiek moet betrokke raak. |
Sy woorde het my beweeg om na ‘n spoggerige restaurant te gaan en te
vra of ek agtergrond musiek mag verskaf op my klawerbord. Aangesien ek
toe nog
nie veel van ‘n stem ontwikkel het nie en redelik jonk geklink het,
was hierdie optrede suiwer instrumentaal. Ek moes in elk geval na omtrent
twee weke
hiervan die optrede staak aangesien minderjariges nie in ‘n lokaal
waar sterk drank verkoop was, mog optree nie. Daarna was ek
die klawerbord speler
vir verskeie klein “agterplaas” groepe. Ons het net vir ons eie plesier
saam geoefen alhoewel ons nooit die geleentheid gehad het om iewers op
te tree nie,
totdat ons eendag vir ‘n oudisie genooi is. Indien goedgekeur, sou
ons optree tydens ‘n tiener-aand by n plaaslike pizza- plek. Daar aangekom
het ek ‘n
paar nommers uitprobeer terwyl die res van die groep nog besig was
om die toerusting gereed te kry. Die bestuurder het na my gekom, my die
werk
aangebied en die res van die groep huistoe gestuur. Dit was my eerste
kans om alleen op te tree.
Ek het alles in gereedheid gehad: die musiek, die woorde; die klanktoerusting
is deur die restaurant verskaf. Daar was egter een ding waarmee ek nie
rekening gehou het nie…. Plankekoors! Toe ek op die verhoog klim
het my stem en my hande begin bewe.. Ek het pateties geklink! Na slegs
een
nommer het die bestuurder na my gekom en my die deur gewys,met die
opdrag om nie terug te kom voor ek nie opgewasse was nie. Ek was
verpletter en
terneergedruk. Dit was die einde vir my. Nooit in my lewe gaan ek weer
aan n musiek-instrument raak nie! Net toe ek by die deur uitstap, kom die
eienaar van die plaaslike Mike’s Kitchen na my. Hy het gesê hy
dink ek het potensiaal, en my genooi om Sondag-aande daar te kom speel
teen n begin
salaris van slegs R15 per aand….. en ek het die kans met albei hande
aangegryp. Aan die begin het ek my klawerbord deur ‘n hoëtroustel
gespeel, met
die mikrofoon aan ‘n besemstok vas, en laasgenoemde op sy beurt aan
die tafel waarop ek gespeel het vasgemaak. Na ‘n paar weke daar het ek
begin
leer hoe om skares van omtrent drie mense per aand te hanteer en het
ek ook die moed gehad om sommige van my eie liedjies uit te probeer. Die
drie
mense het spoedig vyftig geword, bestaande uit my vriende en ‘n paar
ander mense.
Ek het in ‘n ware rebelse persoon ontaard en byna my ouers tot wanhoop
gedryf.
Teen die tyd was ek weer vas oortuig dat ek eendag ‘n beroemde Ruk-
en- rol ster sou word, en skoolgaan het my begin frustreer. Gedurende die
laaste paar maande van standerd nege het ek die skool verlaat, en in
my Kewertjie geklim. Laasgenoemde het ek pas tevore met die hulp van my
Pa
en my spaargeld wat ek kon bymekaarmaak tydens my optredes en ook as
kelner, gekoop. Ek wou weg, om die wêreld te sien. Ek het gevorder
tot
in die Kaap. As ek nou terug dink onthou ek steeds Kaapstad as een
van die mees inspirerendste periodes tydens die ontwikkeling van my loopbaan
as musikant. Alhoewel ek as kind inspirasie geput het uit groepe soos
The Smiths, The Cure en selfs Simon en Garfunkel, voel ek my verblyf destyds
in die Kaap het my my eerste diepere insig tot in die siel van
my musiek gegee. Ek moes my heelwat meer inspan in hierdie vreemde mistieke
wêreld
wat ek pas betree het as wat die geval was in die klein “dorp” waar
ek voorheen was.
Ek het dus heelwat harder gewerk as ooit vantevore. Ek het nog
geen verblyf gehad nie en het sommer in die straat geslaap langs my motor
waarin
my toerusting veilig toegesluit was. Na n paar nagte hiervan het ek
noodgedwonge by ‘n klub in Stellenbosch gaan verneem of daar nie dalk n
opening
was nie. Die bestuurder het my meegedeel dat hulle vol bespreek was
behalwe vir Sondagaande, maar dat daar nie juis aanvraag was vir
persoonlike
optredes in Stellenbosch op Sondag aande nie. Ek was nie van plan om
so maklik tou op te gooi nie, en toe die bestuurder sy rug draai het ek
vir die
kroegman gesê dat die bestuurder toegestem het dat ek n paar
nommers kan uitprobeer, en dadelik my klanktoerusting opgestel en begin
speel. Toe
die bestuurder terugkom was ek goed op dreef en was daar ‘n groot skare
wat dit blykbaar baie geniet het. Die gevolg was dat ek die eerste musikant
was wat toegelaat was om Sondagaande in Stellenbosch op te tree.
Met die geld wat ek so verdien het, kon ek terugkeer skool toe en
later het ek
by n kollege ingeskryf waar ek onder andere kursusse in onthaalkuns
en rekenaar-wetenskap voltooi het. Musiek was egter steeds my prioriteit.
Wat my musiek betref: ek het besef dat ek nie slegs as klawerbordspeler
bo kon uitkom nie en indien ek n ware musikant wou word, my eenvinger manier
van kitaarspeel nie voldoende sou wees nie. Toe koop ek n boek oor
kitaar akkoorde. Binne twee weke het ek myself daarmee geleer om die kitaar
op
die korrekte manier te bespeel, wat my instrument-vaardigheid na snaar-
(kitaar en bas} instrumente verbreed het. Later daardie jaar het ek myself
ook
mondfluitjie leer speel.
My eerste woonplek was in n karavaanpark,waar ek in ‘n kamertjie so
groot soos ‘n toilet ingetrek het. Na drie weke het die inkomste van die
klub op
die aand wanneer ek opgetree het, verdubbel, en het hulle my twee ekstra
aande per week teen R100 per aand aangebied. So kon ek toe in my eerste
woonstel intrek.
Daarna is ek baie optredes by ander klubs ook aangebied en het begin
bekend raak. Gedurende hierdie tydperk is ek genader deur ‘n klub wat op
die randjie van bankrotskap was, en gevra om hulle te kom help om hulle
besigheid weer op te bou. Dit was vir my ‘n uitdaging, en ek het ingewillig.
Met verloop van tyd het ek die bestuur oorgeneem en toe besluit om
die hele opset van die klub te verander. Ons het mure afgebreek, ‘n nuwe
verhoog gebou en begin om gewilde,bekende groepe en kunstenaars soos
Koos Kombuis en Valiant Swart aan te bied en ek het ook later as
ondersteunende musikant saam met hulle opgetree. Die optredes saam
met hulle het my laat besef dat ek my eie styl sal moet ontwikkel en moes
vas staan by dit wat vir my persoonlik reg was. Een aand in die week
was myne, en ek het my eie werk gesing onder die naam Black Rose. Toe
nooi ek ander musikante om by my aan te sluit op daardie aande,
sodat hulle ook hul eie oorspronklike werk kon aanbied. Sommige van hierdie
musikante het later hul eie groepe gestig, soos Springbok Nude Girls
en The Dolly Rockers. Elke nuwe musikant kon sy eie werk daar laat
hoor.
Party was goed, ander was minder goed, maar niemand het omgegee nie,
want dit was net lekker om vir n verandering oorspronklike musiek te
hoor. Ek het ‘n paar belowende persone gekies om saam met my die Blackrose
Band te begin. ‘n Maand later het ons aan die Battle of the Bands
kompetisie deelgeneem en die toekenning van Beste Opkomende Groep in
die Kaap gekry. Ek het die prys gekry vir beste algehele musikant.
Na afloop van hierdie kompetisie word ons genooi om by die openingsaand
van ‘n nuwe klub in Johannesburg op te tree. Dit was ‘n nagmerrie!
Niemand in Johannesburg was enigsins geinteresseerd in oorspronklike
musiek nie- al wat hulle wou hoor was die reeds bekende goed. Die
res
van die groep het dus terug gekeer na die goeie ou oorspronklike Kaapstad,
en ek het agtergebly as n eenman-vertoning en ou bekende goed
gesing.Later het ek in die Johannesburg/Pretoria omgewing by n hele
paar klubs opgetree, ook in kroeë, maar iets het steeds kortgekom…
ek
kon nie vorder nie.
Geluk en die invloed van die Kaap was weereens aan my kant. Koos Kombuis
het my gebel met die nuus dat hy ‘n paar optredes in Jhb kom doen.
Hy wou hê ek moes aan die begin van sy konserte as voorloper
optree. Hier was weer ‘n kans om van my eie werk uit te voer! Ek het op
daardie
verhoog geklim en die gehoor het daarvan gehou. Ek is ‘n eie aand by
die klub aangebied, en ek was toegelaat om my eie musiek aan te bied.
Ek
was terug op die toneel! Weereens het die inkomste van die klub op
my aand verdubbel, en my een aand het twee geword. Die eienaar en ek het
goed oor die weg gekom- naderhand was ons vriende; en een aand uit
die bloute vra hy my wat ek nou eintlik beoog met my lewe. Toe ek noem
dat ek baie graag ‘n eie CD sou wou maak om te verkoop aan almal wat
by my daarvoor gesanik het, het hy gesê dat ek hom die volgende dag
moes kom sien. Ons is na ‘n paar ateljees om uit te vind hoeveel dit
sou kos om ‘n CD te maak. Een maand later was ek in ‘n ateljee, besig om
my eie CD op te neem! Die begroting was so klein dat ek op die ou end
feitlik al die instrumente moes doen sowel as die ondersteunende stemme.
Daardie CD was binne ‘n maand uitverkoop- ons het net ‘n beperkte getal
laat sny. ‘n Goeie vriendin het die CD na verskeie radiostasies geneem
en so word ek toe oor die radio gehoor. Radio Jakaranda het BMG Plate-maatskappy
gekontak, wat op hulle beurt my gevra het om ‘n plate-
kontrak by hulle te teken
|